Wolraad Rewolusie.

May 6, 2009 | Category: Band Shoots, Mumblings

Na vele afwagting het die manne van Wolraad hulle eerste offisiële verkyning gemaak. Na minder afwagting het ek uiteindelik tyd gekry om daaroor te blog.

mva (49 of 49)-border.jpg

Click die thumbnail vir fotos van die Ep Launch

Wolraad Woltemade is:

Stem: Jakkals Olivier

Kitaar en stem: Vis Archer

Kitaar, klawerbord, stem en Elektroniese klanke: Piet Stanton

Tromme: Tjokkie von Solms

Baskitaar: Herman Archer

Anyway, daar is iets omtrent hulle approach tot die musiek wereld en die fans daar buite wat my laat dink het dat hierdie nie net sommer nog een van daai garage tipe bands is nie. Die line-up van goeie proven muso’s het definitief die nuuskierigheid in die Pretoria se alternatiewe kringe wakker gemaak. Hulle het skynbaar iets reg gedoen want hulle facebook groep het so vinnig gegroei en was byna by 800 lede voordat enige iemand nog die musiek gehoor het.  Die manne het vroeg in 2009 bymekaar gekom en die liedjies begin aanmekaar slaan. Daar is selfs ‘n Koos du Plessis liedjie wat deurgeloop het onder die manne se skrywery. Na weke se harde rehearsal op die plot is die Ep opgeneem by Jp de Stefani van B# Studios, wat al menigte eersteklas SA bands gerecord het, soos Van Coke Kartel, Aking, Kidofdoom, Sugardrive, en natuurlik die Karre! Mx2Photography is genader vir promo shoots en cd cover foto’s. Die cover design is gedoen deur Geline van GRO Media. Klank en beligting vir die launch is gedoen deur Jan van J-Sound Productions. Hulle het all-out gegaan en hierdie vyf ouens het duidelik een ding op die brein en dit is Rewolusie!

Ek het ‘n paar van die practice sessions bygewoon, en ek is bly om te sê dat daar nog baie kreatiwiteit, lus en ywer in daai manne steek wat nog ontgun moet word. Ek like ook die feit dat hulle nie soos ander bands klink nie, en hulle hulle eie identiteit aan die gang het.  Hulle beplan tans aan die eerste video, en ek glo die vollengte album is nie ver agter nie. Toere word ook beplan en hulle is klaar geboek vir die musiekfees FORR in Ponta Malongane, Mocambique in September

No Comments

Comments are closed.